VSA ontwikkel nuwe ballistiese missiel

Die Amerikaanse Departement van Verdediging het aangekondig dat die VSA Vloot ’n lae-frekwensie, duikboot gebaseerde ballistiese missiel ontwikkel het vir aanwending in tyd van oorlog.

Die nuwe ontwikkeling kom nadat die Pentagon vasgestel het dat Rusland met ’n soortgelyke projek begin het, maar wat waarskynlik aansienlik meer gesofistikeerd is.

Die lae-frekwensie kernwapen het egter ’n reikwydte van nie meer as 20 kilometer nie, maar die atoombom wat in 1945 op Hiroshima geval het, het dieselfde plofkrag as die nuwe ballistiese missiele.

Die Pentagon het onlangs suksesvolle toetse uitgevoer met ’n hiper-hoespoed ballistiese missiel wat enige teiken op aarde kan bereik.