VSA: Linkse Pete Buttigieg wen sosialis Sanders

Pete Buttigieg

Die Amerikaanse kandidaat van die Demokrate, Pete Buttigieg, het in die voorverkiesing van die party in die staat Iowa daarin geslaag om die sosialis van die Demokrate met ’n kortkop te wen.

Die aankondiging het as ’n skok vir die leiers in die Demokratiese Party gekom nadat algemeen verwag is dat die 38-jarige Pete Buttigieg sou verloor ten Bernie Sanders.

Die laat aankondiging kom na die Demokrate se fiasko in Iowa opgeklaar is toe chaos ontstaan het met die stem tellery.

Beide kandidate het, in die ingewikkelde verkiesingstelsel 11 nasionale afgevaardigdes gewen, met Pete Buttigieg wat 26,2% van die stemme gekry het teen Sanders se 26,1%.

Senator Elizabeth Warren het 18% steun gekry en die gunsteling kandidaat, Joe Biden, kon slegs 15,8% behaal.