VSA dood Al Kaïda terroriste leier

President Donald Trump van Amerika sê die VSA het Qassim al-Raymi, streeksleier van Al Kaïda in die Arabiese skiereiland tydens ’n skermutseling met die terroriste beweging, gedood in die omgewing van Jemen.

President Trump het gesê die terroris is verantwoordelik vir talle aanvalle teen VSA magte, en sy dood degradeer die beweging terwyl dit ook die hele organisasie in verskillende lande direk raak.

Sy dood bring die VSA ook nader aan die moontlikheid om vrede te vestig in die gebied nie.

Trump beweer dat die suksesvolle aanval wat uitgevoer is waarin Raymi gedood is, net so ’n groot gebeurtenis is as toe die Al Kaida stigter, Osama bin Laden ’n aantal jare gelede gedood is.

Verslae uit die gebied toon aan dat Raymi doodgeskiet is deur ’n hommeltuig aanval van die VSA in die Marib omgewing.