Vroue landbouer oorleef aanval

Minnie Jacobs

Minnie Jacobs is ’n jong dame van die Vrystaat wat getoon het dat sy ’n uiters begaafde boerin is wat ook al in 2016 die toekenning ontvang het van “vroulike boer van die jaar”.

Die jong dame is egter deur ’n barbaar met ’n mes aangeval en moes sy inderhaas na ’n hospitaal in Bloemfontein geneem word.

Volgens haar broer moes die beseerde vrou 8 uur wag voor sy by die hospitaal aandag gekry het.

Na wat berig word is sy deur die aanvaller met ’n mes in die skedel gesteek, en die punt van die mes het afgebreek en moes in die hospitaal verwyder word.

Die skurke het haar nadat sy met die mes aangeval is, haar ook vasgebind met ’n elektriese kabel, en het haar gedwing om ’n e-betaling te maak, waarna sy gedreig is dat hulle haar sal verkrag en doodmaak as sy nie haar “pin” nommer vir hulle gee nie.

Maar die getraumatiseerde Minnie moes ook ervaar hoe die Pelomi Hospitaal haar vir 8 uur lank laat wag het voor sy mediese hulp kon kry.