Vreemde bedrag betaal vir plaas

’n Plaas in Noord-Wes, tussen Klerksdorp en Stilfontein, wat sowat 1,000 hektaar groot is, is teen die reuse bedrag van R560,000 per hektaar van die hand gesit.

Die markwaarde van die grond word geraam op ’n maksimum van R125,000 per hektaar, wat sowat ’n kwart van die werklike verkoopprys is.

Kenners wys daarop dat die grond wat glo bedoel was vir dorpsontwikkeling, beslis nie geskik is daarvoor nie weens die groot deel wat dolomitiese struktuur het.

Die staats pensioenskema het glo 60% aandeel en die Isago Holdings ’n 40% aandeel in die grond, wat klaarblyklik ’n baie vreemde transaksie is omdat dit gekoop is teen ’n belaglike hoë prys.

Waarnemers sê die transaksie skep die indruk dat iemand dalk sy hand kon lê  op ’n deel van die staatspensioen.