Virus: Sterftes en infeksies styg vinniger

Meer as 750 mense is dood, en infeksies het die hoogte ingeklim, en geregistreerde gevalle het reeds die 37,500 merk verbygegaan.

Minstens 80 mense sterf daagliks vanweë die korona virus, en honderde doen elke dag infeksie op, terwyl beskerming maskers so groot in aanvraag is dat die Sjinese ook in Suid-Afrika per vliegtuig maskers moes laat haal.

Die Hubei provinsie in Sjina het reeds 635 mense aan die dood afgestaan, en verskeie lande van die wêreld rapporteer noudat hulle sterfts het.

Een van die dokters wat eerste op die gevaarlike virus se spoor afgekom het en alarm gemaak het, is intussen ook dood nadat hy infeksie opgedoen het.

Wat dokters en wetenskaplikes bekommerd maak, is dat ’n baba wat 36 uur oud is, ook infeksie opgedoen het in die hospitaal in Sjina, wat die vermoede laat ontstaan dat dit oordraagbaar is, selfs voor geboorte.