Virus: Sjinese miervreter die sondebok

Wetenskaplikes in Sjina sê die Sjinese miervreter kan moontlik die hoof draer wees van die korona virus wat nou duisende mense se lewens bedreig.

Die meer as 700 sterftes weens infeksie van die korona virus, tesame met die duisende mense wat infeksie opgedoen het, het navorsers laat soek na wat die werklike red is vir die gevaarlike toestand.

Die Suid Sjinese Landbou Universiteit wat ondersoeke na die oorsprong gelei het, sê dit sal baie probleme oplos as gevind word dat die miervreter verantwoordelik is vir die virus se ontstaan.

Miervreters is ’n gesogte dis onder die Sjinese, en omdat die dier redelik skaars is, maak dit ’n duurder gereg as wat die geval is met ander vleis soorte.