Virus: SA hou situasie dop

Alhoewel die owerheid en Departement van Gesondheid daarop roem dat hulle gereed is om te voorkom dat die korona virus in SA versprei, is daar ernstige bedenking weens die swak toestande in hospitale van die land.

Die SA Sending in Sjina het ’n beroep gedoen op alle Suid-Afrikaners in Sjina om te registreer sodat die owerheid presies kan vasstel hoeveel landsburgers hulle in die geteisterde land bevind.

Die oproep kom terwyl die owerheid beweer dat hy ’n wakende oog hou oor die toestand, maar Afrikaanssprekendes in Sjina sê hulle kry geen samewerking of ondersteuning van die regering in Suid-Afrika nie.

Die Departement van Gesondheid sê hy het ’n verslag ontvang vn die toestand in Sjina, maar ingeligte bronne wys daarop dat die Sjinese regering nie die volledige toestand bekendmaak nie, en dat die toestande veel erger is as wat vrygestel is.