Virus nou internasionale probleem

Die korona virus wat deur die Internasionale Gesondheid Organisasie as ’n wêreldwye noodtoestand verklaar is, klink minder gesaghebbend as die feitelike inligting wat beskikbaar is.

Die G7 lande, wat almal reeds pasiënte het wat die virus opgedoen het, het al strenger geword met die toelating van reisigers uit Sjine.

Beheer wat by lughawens ingestel word, is nie noodwendig akkuraat nie, want die virus kan tot 14 dae in die mens wees voor dit opspoorbaar is.

Die Europese lande het intussen sowat 300 mense uit Sjina teruggehaal en die VSA het meer as 250 mense teruggebring na Amerika.

Intussen is berig dat die dodetal reeds na aan die 400 merk nadat Maandag se 57 sterftes ingereken is, terwyl die amptelike syfer van infeksies tot 18,000 gestyg het.

Die wêreldekonomie word hierdeur ernstig geraak, aangesien sakelui huiwerig is om per vliegtuig te reis, en lugrederye verskillende vlugte vir ’n onbepaalde tyd afgestel het.

Gedurende die afgelope twee dae het die aantal nuwe infeksies met bykans 3,000 gevalle toegeneem, en word vrese uitgespreek dat alhoewel Sjina se twee nuwe hospitale verligting gebring het, dit steeds hopeloos te min is om alle gevalle te behandel.