Virus krisis kan April eindig

Geneeskundige wetenskaplikes reken die korona virus kan in  April afplat tot ’n klein onberekenbare getal infeksies in Sjina, maar die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) waarsku dat dit virus kan versprei na die res van die wêreld se bevolking.

Tans word die daaglikse infeksies wat in Sjina vermeerder, op 2300 gestel, terwyl die sterftes soveel as 110 per dag is.

Die WGO waarsku dat ’n soortgelyke toestand in enige ander deel van diie wêreld kan ontstaan, en daarom word ’n ernstige beroep op owerhede vanoor die wêreld gedoen om streng, goed beheerde maatreëls in plek te hou.

Meer as 45,000 mense het reeds infeksie opgedoen, en die hoop is uitgespreek dat die verspreiding in Sjina nou sal afplat na die feestyd van die Sjinese Nuwejaar.

Intussen het die graderingsagentskap, JP Morgan, die Sjinese ekonomie weereens afgradeer as gevolg van die korona virus krisis.