Virus kan SA hard slaan

Die moontlikheid dat die koronavirus ook met sy vernietigende veldtog kan toeslaan op Suid-Afrika, word nie uitgesluit nie, en kan die sukkelende ekonomie ernstig benadeel.

Die Shoprite Groep se Hoof Uitvoerende Beampte sê ook dat die virus kan ’n negatiewe invloed uitoefen op die omset van Shoprite, en kan soveel as R100 miljoen beloop.

Dit is maar een van die groter groepe in die land se bekommernis, en finansiële deskundiges reken ’n grootskaalse uitbreking in die land kan Suid-Afrika op ekonomiese gebied so ernstig knak dat hy nooit weer daarvan sal herstel nie.

Met ’n jaarlikse omset van nagenoeg R170 miljard, sal Shoprite ’n deurlopende monitering toepas op internasionale gebeure en die verspreiding van die virus, asook die impak daarvan, goed navolg en paraat probeer bly.