Veediewe bemoeilik boerdery

Die polisie in Wes-Transvaal kon daarin slaag om twee mans vas te trek terwyl hulle besig was om 29 gesteelde skape in hulle twee taxi voertuie gelaai het.

Die afgelope naweek het die polisie in die Oos-Kaap toegeslaan op ’n vreemde voorval waar 44 skaaplammers van die slagpale verwyder is gedurende die nagtelike ure.

In ’n ander voorval het vier diewe hulle vasgeloop in die Somerset-Oos distrik toe hulle werklikwaar 27 skape in ’n taxi ingeprop het.

Die polisie sê hulle kon ook slaag om in ’n soektog na gesteelde vee op ’n kraal afkom waar nog 17 skape aangehou is.

In al die gevalle, wat waarskynlik net ’n paar voorvalle is van diewe wat boere se vee steel, kon die polisie daarin slaag om die diewe vas te trek, die diere aan hulle eienaars terugbesorg, en die voertuie is gekonfiskeer.