Van Rooyen klim in gholf ranglys

Die Suid-Afrikaanse gholfspeler, Erik van Rooyen, het met uitstekende spel die afgelope naweek derde plek behaal in die Meksikaanse toernooi in Meksiko stad.

Van Rooy het met 15 onder baansyfer, sy staanplek verbeter op die wêreld ranglys en skuif op na die 40 ste plek, wat ’n sprong van 12 plekke is.

Sy uitmuntende vertoning, te midde van twee swakker afslane, het hom op ’n stadium in di vyfde plek laat beland, maar met kalmte weer die voëltjie na die ander ingeryg, wat hom uiteindelik in die derde plek laat eindig het.

Erik sit R9 miljoen in sy sak, en kommentators reken hy gaan nog verras nadat hy in die PGA Toernooi so goed gevaar het.

Die jongman het Vrydag sy 30 ste verjaardag gevier, en die vooruitsigte van die Europese Toernooi kan nog verrassings oplewer met die energieke jongman tussen die wêreld se bestes.