Trump seëvier weereens

President Donald Trump van Amerika het met ’n reeks positiewe gebeure in die VSA, sy jaarlikse presidentsrede, meer bekend as die Staatsrede, gehad, en elke Amerikaner bewus gemaak van die land se suksesse.

Hy het ’n rooskleurige prent geskilder tydens sy toespraak en weereens gewys op die ekonomiese krag en vooruitgang wat die afgelope drie jaar gekenmerk is.

Die president het van die geleentheid gebruik gemaak om die tussentydse president van Venezuela te prys vir sy manmoedige optrede teen die land se nie-erkende president, Nicolas Maduro.

Die opposisieleier van Venezuela, Juan Guaido, was ’n gas by die geskiedkundige geleentheid waar duisende Trump-ondersteuners teenwoordig was.

Trump het daarop gewys dat hy, anders as talle van sy voorgangers, sy verkiesingsbeloftes nagekom, waarvan die grensmuur tussen Meksiko en die VSA een is, maar het ook die werksgeleenthede met etlike miljoene verbeter, en die land ekonomies versterk terwyl die soldate uit oorlogsgebiede onttrek is, alhoewel daar nog soldate iewers in die buiteland is.