Trump roep EU ambassadeur terug

Gordon Sonland

Die Amerikaanse ambassadeur in die Europese Unie, Gordon Sonland, is kort nadat hy ook die Demokratiese Party gesteun het in ’n poging om President Trump in ’n staat van beskuldiging te plaas, teruggeroep.

Die sogenaamde deskundige, Alexander Vindman is gevra om sy amp neer te lê en die Wit Huis te verlaat.

Beide persone het hulle bereid verklaar om teen die president te getuig oor sy optrede om die president van die Oekraïne te vra om die ondersoek na Joe Biden te heropen.

Die Demokratiese presidentskandidaat, Joe Biden, is die voormalige adjunk-president wat saam met Barack Obama regeer het, en klaarblyklik met omkopery besig was in die Oekraïne.

Die demokrate het die versoek van Trump aangegryp om hom in ’n staat van beskuldiging te plaas met die doel om hom as president afgesit te kry, maar dit het klaaglik misluk en is die Demokrate se verkiesingsveldtog aansienlik benadeel.