Tonne spoorstawe gesteel

Die polisie in natal kon daarin slaag om die diewe op te spoor wat chaos veroorsaak met hulle veldtog om spoorstawe te steel en te verkwansel.

Na raming is 189 metrieke ton treinspoor gesteel wat ’n waarde van nagenoeg R8 miljoen beteken, terwyl die herstel van so ’n spoorlyn etlike miljoene meer sal beloop.

Onbevestigde berigte lui dat die swaar spoorstawe aan sogenaamde skroot handelaars verkoop word, wat dit weer in die buurstate verhandel.

Gerugte word ook ondersoek van diewe wat die spoorweë se trein trokke plunder en die kant klappe van die trokke verwyder en verkwansel aan die skroot handelaars wat in plakkerskampe gevestig is.

Die polisie het later ’n skroot handelaar in Greytown, Natal besoek waar van die spoorwee se eiendom gevind is, en sal hom eersdaags in die hof kry.