Tito mik na Salarisse en Koopbelasting

Minister Tito

Donderdag se begrotingsrede deur die ANC se Minister van Finansies, Tito Mboweni, sal waarskynlik fokus op ’n paar aspekte om die dreigende bankrotskap te voorkom.

Finansiële kenners en politieke ontleders reken die klem sal val op die verhoging in belasting, beter bekend as sonde belasting, asook ’n verhoging in koopbelasting, terwyl ’n geringe moontlikheid bestaan dat salarisse van staatsamptenare nie verhoog gaan word nie.

Die onlangse aankondiging dat parlementslede se salarisse onveranderd bly, word gesien as ’n voorbeeld wat gestel word aan alle staatsamptenare.

Of die vakbonde hiermee gediend gaan wees, is onseker, maar dat die aanhoudende styging in vergoeding reeds sedert 2010 hande uitgeruk het, is dit hoogtyd dat ferm opgetree word, alhoewel daar twyfel bestaan of die ANC minister dit gaan doen.

Suid-Afrika het 12 jaar gelede sy laaste begrotingsoorskot getoon, en sedertdien is dit die een tekort op die begroting, na die ander, wat die swak bestuur in die land bevestig.