Tito begroting sonder verbeelding

Die Minister van Finansies se begroting bevat enkele pluspunte, maar oor die algemeen beskou, sal dit nie Suid-Afrika se boeke laat klop nie.

Die positiewe nuus vir verbruikers is dat verkoopbelasting (BTW) nie verhoog word nie, maar dit is waar goeie nuus eindig.

Die begroting toon ’n algehele tekort van net meer as R63 miljard vir die 201902929 boekjaar, wat ’n aansienlike styging is vergeleke met die vorige begroting wat ’n tekort van R52 miljard getoon het.

Sonde-belasting word swaarder en die onderstaande dui op wat verbruikers sal moet opdok.

Bier –  8 sent per 340ml

Wyn – 14 sent per 750ml

Ander Wynsoorte –  23 sent per 750mil

Vonkelwyn  – 61 sent per 750ml

Vrugtesappe – 8 sent per 340ml

Spirituale – R2.89 per 750ml

Sigarette – 74 sent vir 20

Pyp tabak – 40 sent

Sigare – R6.73 per 23 g