Taiwan maak rug styf vir Sjina

Die Taiwanese teenwoordigheid by die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) vergadering hierdie week oor die korona virus, is die resultaat deur direkte gesprek tussen die Eiland en die WGO se hoofde.

Die Taiwanese regering sê hulle het nie die goedkeuring van Sjina nodig om so ’n belangrike byeenkoms by te woon nie, al het Sjina te kenne gegee dat hy die inligting aan Taiwan sal gee na afloop van die verrigtinge.

Die eiland, wat nie ’n lid van die WGO is nie, en wat toegeskryf word aan Sjina se weiering om dit toe te laat, het met die stap die spanning tussen die twee regerings verder verhoog, maar die Taiwanese glo dat Sjina dit nie sal waag om tot gewelddadige optrede oor te gaan nie.

Taiwan sê die verlede het getoon dat Sjina sulke belangrike inligting nie betyds deurgee nie, en het derhalwe besluit om die byeenkoms by te woon nadat direkte gesprek met die WGO gevoer is.

Sjina het reeds meer as 45,000 mense wat virus infeksie opgedoen het, en 1,100 mense het al omgekom, wat daarop dui dat die Taiwanese regering self beheer oor die welstand van sy inwoners wil behou deur betyds die inligting te bekom en toe te pas waar nodig.