Taiwan en Sjina neig tot oorlog

Oorlogs vure het ontvlam tussen Taiwan en Sjina nadat die Sinese lugmag met vegvliegtuie oor die Taiwanese grens gevlieg het wat later deur die Taiwanese opgevolg is.

Taiwan het van sy vegvliegtuie gebruik om die Sjinese te waarsku dat hulle in die lugruim van Taiwan is sonder toestemming of klaring.

Taiwan het reeds vir ’n tweede dag na mekaar die Sjinese H-6 bomwerper onderskep, en nadat ’n Sjinese vegvliegtuig die eiland se lugruim geskend hê, ook waarskuwend naby aan die oortreder se tuig gevlieg en versoek dat hulle uit die lugruim moet padgee.

Die Minister van Verdediging in Taiwan sê die Sjinese stralers is deur die bomwerper vergesel, en het oor die nie-amptelike middellyn in die Taiwanese
“Strait” gevlieg wat die twee lande skei van mekaar.

’n Blitsvinnige en aggressiewe waarskuwing van die Taiwanese vlieënier het die drie vliegtuie laat besluit om die gebied te verlaat.

Die Sjinese vegvliegtuie was toegerus met missiele, maar dit wil lyk asof die Taiwanese vliegtuie ook goed toegerus is.