Taiwan en Sjina in woordestryd oor virus

 Taiwan en Sjina is in mekaar se hare met ’n nuwe dispuut oor die talle Taiwanese burgers wat gestrand is in Sjina en erg blootgetel is aan infeksie van die korona virus.

Baie Taiwanese is vasgekeer in die Wuhan stad wat erg geteister word met duisende mense wat infeksie opgedoen het en beskou word as die middelpunt van die krisis.

Taiwan se President Tsai Ing-wen het die landsburgers toegespreek oor die krisis en dat Taiwanese nie die stad Wuhan mag verlaat nie.

Slegs een vliegtuig, met 247 burgers kon daarin slaag om terug te keer na Taiwan, en een persoon is ook met die virus infeksie in ’n hospitaal opgeneem.

Daar is na raming nog sowat 250 Taiwanese is Sjina wat sukkel om weg te kom terwyl die VSA en ander lande geregtig is om hulle mense per vliegtuig weg te neem uit Sjina.

Sjina beweer dat hulle poog om die verspreiding te beperk deur slegs mense wat nie infeksie opgedoen het, toe te laat om die land te verlaat.