Switserse Volksparty se versoek verwerp

Die nasionalistiese Volksparty in Switserland se versoek dat die regering die ooreenkoms met die Europese Unie moet kanselleer, is van die hand gewys.

Die linkse-gematigde regering van Switserland het ’n versoek van die Volksparty van die hand gewys m ’n referendum te hou wat ’n einde moet bring aan die vrye beweging van burgerlikes tussen die EU lidlande.

Indien die nasionaliste se versoek tot uitvoer gebring sou word, en die kiesers stem ten gunste van die voorstel, kan dit beskou word as Switserland se “Brexit” ’n kan verwag word dat die uittog van meer lande uit die EU sal volg.

Switserland is nie ’n lid van die Europese Unie nie, maar het wel ’n ooreenkoms met die EU wat bepaalde wedersydse voordele het soos die vrye beweging van burgerlikes en ’n vrye handelsooreenkoms.

Die Switserse “Brexit” sou beteken dat vrye handel, en vrye beweging, en die toelating van onwettige immigrante as asielsoekers, nie meer toegelaat sal wees nie.