Swaar reën in Sentraal Transvaal ontwrigtend

Welkome maar swaar reën het die naweek uitgesak in Sentraal Transvaal, en in Johannesburg is talle paaie en strate omskep in riviere met bruisende waterstrome.

Verkeer is op talle plekke geblokkeer en baie mense kon nie na hulle bestemming ry nie.

Tussen Pretoria en Krugersdorp het talle motorongelukke plaasgevind as gevolg van die swaar reën neerslae. In die tyd voor agtuur Saterdagoggend was daar reeds ses ongelukke aangemeld, en later die dag is minstens nog vier gevalle aangemeld.

Die Johannesburg Metro Polisie Department se woordvoerder, Wayne Minnaar, het bevestig dat baie strate en paaie geraak is deur die stormwater.

In Verwoerdburg is verskeie voertuie deur stormwater weggesleur, maar geen voorvalle is aangemeld van mense wat omgekom het nie.