Stryd met OB kan ANC laat skeur

Supra Mahumapelo

’n Politieke groepering, gelei deur Supra Mahumapelo, het saamgekom in Kaapstad gedurende die ANC se vergadering van 8 Januarie, om die Kimberley uitsprake oor die Openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane te bespreek.

Die doel was om strategie uit te werk om die OB se saak te versterk, aangesien politieke partye nou optree in die parlement om haar afgedank te kry.

’n Mosie is in die parlement aanvaar dat debat gevoer mag word met die doel om die OB uit haar pos te onthef, en met die jongste hofsaak tussen Ramaphosa en die OB, word haar kanse om te oorleef, al slegter.

Supra Mahumapelo, die premier van Noord-Wes (Wes-Transvaal) het leiding geneem maar geen besonderhede is bekend van wat gedoen kan word om die Openbare Beskermer teen afdanking te beskerm nie.

Die twis oor die toekoms van die OB kan lei tot ’n nuwe skeuring in die regerende party van president Ramaphosa, en waarnemers reken die Zuma faksie sit dalk agter die hele saak.