Sterk steun vir Poolse hervorming

Ondersteuners van die nasionalistiese regering in Pole het die afgelope naweek in massa optogte te steun gewys vir die hervormingsbeleid wat tans toegepas word.

Warskou, die hoofstad van Pole, het ’n optog van duisende kiesers gehou om hulle stem te laat hoor vir die regering, terwyl die Europese Unie sterk gekant is teen die nuwe wending in Pole.

Vroeër het kanselier Angela Merkel, en kort daarna die Franse president, Emmanuel Macron, elk ’n welwillendheidsbesoek gebring met die hoop om die regering te laat afsien van sy beleid om regters aan te stel deur die parlement, en nie meer deur die regters self nie.

Die Poolse regering het die besluit geneem nadat uitgewys is dat die regters nuwe aanstellings maak deur seker te maak dat dit nie ondersteuners is van die regering en sy beleid nie.

Duisende kiesers het voor die Warskou Konstitusionele Tribunaal saamgedrom en Poolse vlae asook ander nasionale simbole, rondgeswaai en die regering versoek om die gestelde beleid deur te voer.