Staat Sekuriteit Agentskap beroof

“Slim” inbrekers het sensitiewe dokumente en ʼn onbekende bedrag geld gesteel vanuit die Staat Sekuriteit Agentskap (SSA) se kantore in Lyttelton, Pretoria. Die raaisel rondom die inbraak dat daar geen duidelike inbraak was toe die dokumente en geld uit die kluis verwyder is nie.

Die kluis is oopgemaak voor die inbraak plaasgevind  het, en die enigste verklaring is dat dit van “binne” geskied het.

Die sekuriteitwagte wat veronderstel was om die perseel en kluis te bewaak was nie op hul pos tydens die voorval nie. 

Dit is die tweede “inbraak” by die SSA, die vorige inbraak was in Desember 2015 toe n groot bedrag geld weggeraak het en niemand ooit opgespoor is nie.