Soweto en Eskom in geveg

Die inwoners van Soweto is nou kwaad vir Eskom en sê die kragvoorsiener is nie ”beskikbaar” om te skakel met hulle nie, en misluk in hulle verpligtinge om herstelwerk aan Eskom beskadigde toerusting te doen.

Nou skree die inwoners en beplan ’n twee dae protes optog omdat kragvoorsiening afgesny word in sekere dele.

Na berig word is Soweto reeds meer as R18 miljard agterstallig by Eskom, en bly ontleders se vraag onbeantwoord waarom Eskom so lank gewag het voor hy optree teen die wanbetaler.

Kenners wys daarop dat dit een van die hoof redes is waarom Suid-Afrika met beurtkrag geknel word, want sulke bedrae sou Eskom staande gehou het en die land se ekonomie minder benadeel gewees het.

Waarskynlik sal die inwoners van Soweto, Alexandra, Tembisa, Eldorado Park en Vaal deelneem aan die protes optogte wat nog verliese in die land se ekonomie sal meebring.