Sjinese ekonomie strompel sukkelend

Die diplomatieke en ekonomiese koste van Sjina se korona virus epidemie het Maandag ’n beleggings klap gekry van $400 miljard.

Sjina se handelsvoorraad en die regering se beskuldiging dat die VSA daarvoor verantwoordelik is, toon dat dit nie goed gaan in die kommunistiese staat nie.

Ekonomiese deskundiges sê dit is duidelik dat Sjina swaar trek onder die handelsoorlog met Amerika, en die korona virus het ’n veel groter impak op die land se ekonomie as wat aanvanklik verwag is.

Beleggers staan terug, en sakelui is huiwerig om enige transaksies te beklink, terwyl die VSA steeds volhou om nie toegewings te maak vir die bereiking van ’n handels ooreenkoms wat die “oorlog” sal beëindig nie.

Die Sjinese het twee hospitale opgerig om die pasiënte wat virus infeksie opgedoen het, te behandel.

Gegewens toon dat die Sjinese ekonomie op ’n laagtepunt is en ekonome sê die vooruitsigte op ’n beter toestand is nie goed nie.