Sjinese begin terugkeer werk toe

Sjinese werkers, almal met gesigsmaskers aan, begin geleidelik terugkeer na hulle werkplekke te midde van toenames is sterftes en al meer infeksies.

Dit is veral fabrieke en vervaardigers wat hulle werkers huis toe gestuur het met die hoop dat die verspreiding van die korona virus sal afplat, maar dit het nie gebeur nie en werkers begin geleidelik terugkeer na hulle werksplekke,

Die Sjinese owerheid raak stil oor die situasie, maar Maandag is meer as ’n 100 nuwe sterfgevalle aangeteken, wat die dodetal nou kort duskant 1,000 mense laat, terwyl die sterftes vir Sondag 97 gevalle is.

Die stad Wuhan wat die ergste geraak word, is streng maatreëls ingestel, maar dit lyk asof die verspreiding nie suksesvol bekamp word nie.

Terwyl die wêreld se olie prys daal, asook die aandelebeurs wankelend is in Sjina, styg die goud- en platinumprys, wat toon dat die twee minerale die staatmakers is wanneer die wêreld se ekonomie in ’n krisis beland.