Sjina virus – sterftes styg dramaties

Uit Beijing is berig dat die sterfte syfer as gevolg van die korona virus drasties gestyg het, en dit word toegeskryf aan die verouderde manier hoe Sjina die infeksie ondersoeke gedoen het.

Met die hersiene metode wat sedert Donderdag in werking gestel is, is vasgestel dat die infeksies ook dramaties gestyg het.

In die Hubei provinsie is 242 dood binne 24 uur, wat die hoogste sterftesyfer is wat tot nog geregistreer is.

Dit bring die aantal sterftes op 1,310 te staan op Donderdagoggend, maar die totale infeksies is nog nie bepaal nie, maar wetenskaplikes stel dit op meer as 50,000, met die moontlikheid dat dit veel hoër kan wees omdat die nuwe metode van ondersoek aansienlik meer akkuraat is.