Sjina allokeer $10 miljard vir virus stryd

Die jongste statistiek toon dat 850 mense reeds dood is weens infeksie van die gevreesde korona virus wat in die land uitgebreek het.

Die afgelope naweek het die rgering bekendgemaak dat hy meer as $10 miljard bewillig het vir die bestryding van die virus wat nou ’n baie ernstige stadium bereik het.

Dit volg nadat inligting ontvang is dat die krisis in Sjina nou ’n ernstige stadium bereik het, en dat die infeksies handuit geruk het.

Onbevestigde berigte dui daarop dat meer as 50,000 infeksies reeds aangeteken is, maar waarnemers sê dit lyk asof die owerhede nie meer weet hoeveel mense werklik deur die virus aangeval is nie, en 20,000 dokters en verpleegpersoneel voltyds betrokke is by hospitale waar die virus infeksie van pasiënt bestry word.

Die ministerie het aangekondig dat die geld so ingedeel sal word dat die pasiënte kan reken op gratis diagnose en behandeling, maar die omvang van pasiënte getalle is so enorm dat almal nie behandel kan word nie.