Shoprite sê Woolworths die stryd aan

Die Shoprite kettinggroep het pas aangekondig dat hy Woolworths die stryd aansê om goeie gehalte voedsel aan die verbruiker beskikbaar te stel.

Met Woolworths wat tans op die voorpunt staan om goeie gehalte voedsel aan te bied, het die huisvrou ’n tuiste gevind waar uitstekende gehalte voedsel beskikbaar is.

Nou het Shoprite besluit om daardie “monopolie” te beëindig, en sal hy voortaan ook seker maak dat sy kliënte uitstaande gehalte vrugte en groente, vleis soorte en ander produkte kan koop teen bekostigbare en mededingende pryse.

Woordvoerders van verskillende verbruikersforums het die aankondiging verwelkom, en huisvroue het gesê hulle wag reeds etlike jare dat Woolworths geopponeer word met hoë gehalte voedsel.

Pieter Engelbrecht, die Hoof Uitvoerende Beampte van Shoprite Groep, sê die Checkers winkels sal in direkte kompetisie staan met Woolworths, en verbruikers kan nou reeds die eerste soorte gehalte voedsel te koop kry.