SA Staatspensioene in gevaar

Ekonome is bekommerd oor die gevaar wat dreig om die land se staatspensioene, ten bedrae van sowat R240 miljard, wat stuk-stuk opgeslurp kan word deur bankrot staats entiteite.

Die kommer is uitgespreek nadat Cosatu met die verwronge gedagte na vore gekom het dat sowat R26 miljard uit die staatspensioene gebruik moet word om Eskom uit sy bankrotskap te red.

Ekonome wys daarop dat so ’n stap sal lei tot die volgende een om Denel, SAL, Poswese, Prasa spoor agentskap, munisipaliteite,  en andere uit bankrotskap te red.

Dit kan die pensioenfonds knak en miljoene mense se pligsgetroue bydraes tot die Fonds kan oornag in ’n nagmerrie van geen pensioen verander.

Die vraag wat gevra word in finansiële kringe, is wat gaan gebeur as die staats entiteite na die reddingsboei ook uitgemors is, doen om die pensioen terug te betaal terwyl hulle die een na die ander bankrot verklaar word.