SA Poskantoor nuwe hoof afgedank

Die Poskantoor het sy nuwe Hoof Uitvoerende Beampte, ene Lindiwe Kwele, na vier maande in die amp, summier afgedank.

Die staats entiteit spartel, soos alle ander staatsbeheerde entiteite, nou reeds vir jare om kop bo water te hou, en slaag nie daarin om die verlies van R1 miljard van verlede jaar om te keer nie.

Die Poskantoor, net soos Denel, Eskom, SAL, Prasa en andere, is die een nader aan finale bankrotskap as die ander, en die ANC regime se mislukking in die entiteite word deur wêreldleiers beskou as die swakpunt wat veroorsaak dat geen belegger dit wil waag in SA nie.

Dit is nog nie duidelik wat die rede is waarom die Uitvoerende Hoof van die Poskantoor afgedank is nie, maar die vermoede bestaan dat sy nie net onbekwaam is vir die pos nie, maar ook by wanpraktyke betrokke was wat so ernstig is dat sy afgedank moes word.