SA Express skrik nie vir bankrotskap

Die adjunk-minister van Openbare Ondernemings, Phumulo Masualle, reken daar is steeds ’n toekoms en handels geleenthede vir die bankrot SA Express.

Die adjunk reken daar is nog geleentheid vir die maatskappy om ’n baie belangrike en onmisbare rol te vervul as ’n redery om sekondêre roetes te bedien.

Die redery kan ’n goeie diens lewer tussen die groot stede van Suid-Afrika, was die minister se mening kort nadat die sake redding praktisyn die beheer oorgeneem het in ’n poging om die finansiële ellende te verlig.

Op 6 Februarie het die Hooggeregshof in Johannesburg gelas dat ’n sake redding praktisyn beheer oorneem, en vrae word nou gevra oor die ANC adjunk-minister wat wil menings uiter oor wat die redery nog kan doen, wat die indruk laat dat die praktisyn beïnvloed word om uitvoering te gee aan ministeriële onkunde.