SA eis: Doen meer, praat minder

Suid-Afrika benodig ’n nuwe kultuur van “minder praat, en meer doen”, en die toespraak van die ANC president tydens gisteraand se staatsrede het nie juis iets hiervan getoon nie.

Verlede jaar het die president talle positiewe vooruitskouings geopper in sy staatsrede, maar daarvan het weinig werklikheid geword, sê politieke ontleders.

Nou gaan Suid-Afrika weer kyk wat in die volgende jaar gaan gebeur, of nie gaan gebeur nie, maar meningsopnames toon dat daar min geloof is in wat voorsien word.

Kenners wys daarop dat verskillende instansies die president oorlaai het met advies wat gesê en wat gedoen moet word, maar die toespraak het ’n praat sessie opgelewer, en laat ons hoop nie valse verwagtinge wees van niks word gedoen nie….

Dit is nie net die staat wat rommelstatus bereik het nie, dit is ook talle staats entiteite en munisipaliteite, en bowe al is die hardwerkendes in elke sektor van die samelewing ook besig om af te daal na “rommelstatus”.