Rusland ontsteld oor VSA missiel ontwikkeling

Adjunk Minister Sergei Ryabkov

Rusland is gewaarsku met die aankondiging van die Amerikaanse Vloot se besluit om ’n lae-intensiteit ballisties missiel te ontplooi op sy duikbote.

Die Russiese Adjunk Minister Sergei Ryabkov sê dit is ’n uitbreiding van wapentuig in die kernwapen oorlog en die W76-2 water-missiel is ’n bron van kommer oor die werklike kernwapen strategie van Amerika.

Die Amerikaanse Departement van Verdediging het vroeër die week aangekondig dat die ballistiese missiel ontwikkel is nadat die Russe reeds iets soortgelyk ontwikkel het volgens ’n woordvoerder van die Pentagon.

Die laaste keer wat ’n behoorlike wapentuig ooreenkoms tussen die twee moondhede aangegaan is, was in 2010, wat ondermeer beperkings geplas hê op nuwe kernwapen ontwikkeling.