Rooi brigade se ontwrigting kan misluk

Die Malema groep se dreigement om die ANC se president, Cyril Ramaphosa, se toespraak te ontwrig, kan in hulle gesigte ontplof.

Anders as toe die Rooies die Zuma toespraak ontwrig het, gaan dit waarskynlik hierdie keer nie so eenvoudig wees om Ramaphosa te ontwrig nie.

Daarbenewens het hulle eerste mislukking gekom met die dreigement dat hulle die president nie gaan toelaat om te praat as hy nie minister Pravin Gordhan afdank nie – want dit gaan nie gebeur nie.

Waarnemers reken die Rooi brigade se dreigemente gaan op niks uitloop nie, en enige optrede in die parlement tydens Ramaphosa se staatsrede, gaan deur die “wit hemde” gesmoor word, wat as ’n tweede nederlaag vir Malema beskou sal word deur die ander parlementslede en diegene wat op TV na die chaos kyk.