Roemenië premier moet weer regering saamstel

Die president van Roemenië het die afgelope naweek beveel dat die huidige Eerste Minister, wat bedank het na ’n mosie van wantroue teen hom en sy regering geslaag het, weer ’n regering moet saamstel.

Premier Ludovic Orban is versoek om ’n nuwe regering saam te stel uit hoofde van sy party se status as die grootse in die land.

Waarnemers meen die Eerste Minister se gematigde Liberale Party sal binnekort nader beweeg aan ’n vervroegde algemene verkiesing, wat klaarblyklik weer deur sy party gewen sal word.

Te midde van die wantroue mosie, is daar ’n groeiende steun vir die premier se Liberale Party, en die vermoede bestaan dat hy ’n vervroegde verkiesing sal aankondig met die hoop om sterker verteenwoordiging te behaal in die parlement en daarmee die minderheidsregering kan beëindig.