Roemeense regering bedank na mosie

Premier Ludovic Orban

Die stemming teen Eerste Minister Ludovic Orban en sy administrasie het die deur oopgemaak vir ’n vervroegde algemene verkiesing in Roemenië.

Alhoewel premier Orban se party die onderspit gedelf het toe ’n Mosie van Wantroue teen sy regering geslaag het, bly hy steeds die tydelike hoof van die Europese Unie.

Ludovic Orban se minderheidsregering is met oorweldige steun deur die opposisie partye gedwing om sy amp neer te le na die geslaagde Mosie van Wantroue deurgevoer is.

’n Totaal van 261 van die 465 parlementslede het ten gunste van die mosie gestem, wat beteken dat die premier slegs drie maande in die amp was.