Ramaphosa se komende Staatsrede

Te midde van die ANC president, Cyril Ramaphosa, se beloftes en die steun wat hy in die verkiesing gekry het daarna, was sy 2019 staatsrede so ingeklee dat groter steun verwag is.

Met alles wat gesê is, het niks beter geword nie, munisipaliteite regoor die land is steeds die een na die ander aan die agteruit boer, en korrupsie slaan uit soos masels.

Die Ramaphosa staatsrede het die belofte ingehou van buitelandse beleggers wat miljarde sal investeer, waarvan daar net dadels gekom het.

Munisipaliteite wat in ’n finansiële krisis is, was in totaal 64 maar het die afgelope jaar verdubbel na 120, wat ’n aanduiding is van wat aan die gebeur is.

In die 2019 staatsrede sê die president dat die regering begin het met die heropbou van 57 munisipaliteite, en ook daarvan is niks t siene nie, se ekonome.

Ramaphosa het ook gesê die ANC regering is met 10,000 infrastruktuur projekte besig, maar ’n jaar later kon Suid-Afrika niks hiervan te sien kry nie.

Waarnemers het bevind dat die grootse deel van die bevolking nie veel waarde sal heg aan die 2020 staatsrede nie, want ook dit gaan twyfelagtige beloftes inhou.