Ramaphosa se AU vuurdoop

Die nuwe voorsitter van die Afrika Unie, Cyril Ramaphosa, het tydens die eerste vergadering wat hy as voorsitter in opgetree het gedreig om die vergadering voortydig te verlaat. Chaos het geheers oor die vertaling van verslae . Verskeie Afrika leiers het die vergadering verlaat voordat die tweede dag se verrigtinge afgehandel is. Ramaphosa kon nie sy afsluitings verklaring maak nie en het ook nie die media toegespreek na die vergadering nie.   ‘n Diplomaat van Ghana het opgemerk dat Ramaphosa sal moet leer om ‘n fermer standpunt as voorsitter in te neem.

Politieke ontleders wys daarop dat die president van Suid-Afrika nie so hoog aangeslaan word as wat aanvanklik gehoop is nie, en dit word deels toegeskryf aan die swak vertoning van die land se ekonomie.