Pompeo krap in Sjina belange

Tydens die afgelope week se besoeke aan Asiatiese lande, en in Kazakhstan, het die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, die belange van Sjina deurmekaar gekrap.

Hy het Sjina gekritiseer oor sy behandeling van Moslems, Kazakhs, en ander minderheidsgroepe en die lande versoek om eerder die VSA as ’n betroubare handelsvennoot te kies.

Minister Pompeo het die Sentraal Asiatiese lande die afgelope naweek besoek en gesê mense uit die gebied wat deur Sjina benadeel en vervolg word, sal simpatiek staan wanneer hulle aansoek om asiel doen in die VSA.

Meer as ’n miljoen mense van ’n minderheidsgroep in die gebied gaan gebuk onder die diskriminerende beleid van Sjina.

Vyf van die lande, wat almal voormalige Russiese state was, se verteenwoordigers is deur Pompeo besoek en kan ’n aansienlike rol vervul om die Sjinese se oorheersing te beëindig.

Kazakhstan, Kyrgyzstan, Tajikistan, Turkmenistan en Uzbekistan is almal kleiner state in Sentraal Asië, en word tans deur Sjina oorheers alhoewel die state almal onafhanklik is.