Plesierboot word by hawens verbied

’n Plesierboot wat deur minstens vyf verskillende hawe owerhede verbied is, is deur die hawe van Cambodia toestemming gegee om vas te meer.

Die vergunning word deur die passasiers verwelkom, aangesien hulle reeds dae lank op die oop see moes deurbring omdat die hawe owerhede bevrees is dat die passasies moontlik draers van die korona virus is.

Die MS Westerdam is ’n plesierboot wat deur vyf lande geweier is om ’n hawe te besoek, en die 1,455 passasiers aan boord asook ’n personeelkorps van meer as 800 mense, is egter vry van die virus.

Die hawe owerheid, sowel as politieke en burgerlike organisasies is glo druk besig in Cambodia om die plesierboot en sy vakansiegangers te ontvang op ’n wyse wat die besoekers welkom sal laat voel om die boot te verlaat en geld te spandeer tot voordeel van die inwoners.