Perspektief: Februarie ligpunt-fakkels

Ek het die afgelope dae die sosiale media kommentaar – deur sowel rolspelers op die kultuurakker, as die breë publiek, insiggewend gevind.

Februarie is vir ons volk ’n maand vol uiteenlopende en rigtinggewende gebeure, onder andere bloot in datum-volgorde:

2 Februarie 1990 – volksverraad

4 Februarie 1838 – verkryging van grond, deur ’n wettige transaksie

6 Februarie 1838 – verraderlike moord op die Retief-kommando

17 Februarie 1838 – Blaauwkrantz moorde

28 Februarie 1881 – Majuba

28 Februarie 1900 – Paardeberg

6 & 14 Februarie 1840 verdien vermelding – her-vestiging van die Zoeloe koninkryk.

Verstaanbaar, was reaksies uiteenlopend oor die mees onlangse laagtepunt – die de facto oorgawe deur die de Klerk regime, skaars 6 maande na sy staatsgreep.  Die gebruiklike liberale koor wat sy lof besing, bied vreemd genoeg ʼn ironiese raakpunt na die Zoeloe-dreunsang van 182 jaar gelede!

En insiggewend is die reaksies rondom veral die grondverkryging deur Retief – op enkele fundamentalistiese uitsonderings na – een van klaarblyklike volks-solidariteit.

Daar is ’n waarneembare grondvlak beweging onder ons volk teen die onreg wat de Klerk ontketen het.

En met reg sien meer en meer mense nie net die ooglopende parallelle tussen die moord van die Retief-geselskap, en later die weerlose in die laers nie – meer en meer mense besef die reënboog-mite is inderdaad n berekende leuen.

Die geweld in ons land is nie blote misdaad nie: dit is rassehaat, haat wat aangeblaas word deur die immorele (mis)leiers in die politieke en die burgerlike arena.

Mense besef dat daar kan geen versoening wees met barbarisme nie!

Maar daar kan wel wedersydse respek en samewerking wees: ongeveer 6 Februarie 1840 bereik die kommando’s Mpande, na sy magte se oorwinning oor die leer van Dingaan – en soos ons volk by monde van Retief se Manifes verklaar het, erken ons voorsate die soewereiniteit van die Zoeloe-volk en hul koninkryk.

Daarom is Februarie geskiedenis hoogte- én laagtepunte inderdaad fakkel-bakens in ons geskiedenis – as volk én as volk in wedersydse samewerking met ander volke!

Die traktaat staan in duidelike kontras teen die opportunistiese bewerings van historiese grondroof.

Die proklamasie van 1840 staan in duidelike kontras teen opportunistiese bewerings van oorheersing.

In hierdie tyd van leuens en halwe waarhede moet ons weer ons stem laat hoor.

Ons moet leer uit die latere geskiedenis van Majuba – wat sy aanloop het op Paardekraal 1881 en terugkeer tot God.

Ons moet die waarskuwings van verdeeldheid leer uit Paardeberg 1900.

Maar ons moet verál, soos in 1881, besef dat alles wentel om die spilpunt van Bloedrivier, waarvan die kiem in die moored van 6 en 17 Februarie 1838.

Bloedrivier staan boweal in die teken van volks-geloof, volks-vertroue nie op hulle leiers of hulle eie planne nie, maar vertroue op God as Beskikker van volke en volkere-geskiedenis.

Dit was die kern van die eenheid van daardie kommando.

Terwyl vandag se nood ons volk nader en nader druk aan mekaar, wat goed is, is dit nog steeds níé volks-eenheid nie.

Ons moet ons geledere suiwer van die vreesagtige wie net tydelike skuiling soek;

Ons moet ons geledere veral suiwer van die aanstigters van liberalisme – diegene wat soos in Februarie 1990 heimlik wag om die laer hekke oop te gooi!

Want in 1838 het die voorsate van die liberale dampkring nie die moed gehad om te waarsku nie!