Opspraakwekkende nuwe paalspring rekord

Armand Duplantis, ’n atleet van Swede, het geskiedenis gemaak toe hy tydens ’n atletiekbyeenkoms in Pole ’n nuwe rekord opgestel het in paalspring.

Die onderdak byeenkoms wat allerweë as een van Europa se gewilde atletiek geleenthede is, het verskeie rekords laat spat vanjaar, waarvan die nuwe rekord vir paalspring die grootste verrassing is.

Armand Duplantis het daarin geslaag om 6 meter en 17 sentimeter hoog, oor die dwarslat te gly wat amptelik as ’n nuwe wêreldrekord aangeteken is.

Die 20-jarige sportman het die vorige rekord wat deur ’n Fransman in 2014 opgestel het, wat 5,92 meter is, gerieflik oortref.

Na afloop van die groot gebeurtenis het hy aan die media gesê dat hy reeds as 3-jarige kleuter die begeerte gehad het om eendag aan die paalspring sport deel te neem.