Olifant jag word weer werklikheid

Botswana, waar die wereld se grootste olifantbevolking gehuisves is, het aangekondig dat hy nou ’n veiling aanbied om lisensies te koop vir die jag van olifante.

Dit sal die eerste veiling van die aard wees wat in Botswana aangebied sal word, sal deur ’n plaaslike afslaersonderneming hanteer word.

Volgens inligting wat vrygestel is, sal die verbod op olifant jag daarmee geskrap word in die land, maar daar sal waarskynlik beperkings geplaas word op die aantal olifante wat jaarliks gejag mag word.

Meningsvormers reken ook dat die nuwe reëling wat in Mei vanjaar van krag word, kom slegs ’n jaar nadat President Mokgweetsi Masisi in ’n verkiesing geseëvier het oor die natuur bewuste aktivis, Ian Khama, wat hom teengestaan het.