OB by partytjie met snaakse vriende

Busisiwe Mkhwebane

Die omstrede Openbare beskermer,  Busisiwe Mkhwebane, het onlangs haar 50-ste verjaardag gevier, maar saam met mense wat as “bedenklike” vriende beskou moet word.

Sy het in die kruisvuur beland oor haar verjaarsdag party se gastelys, en kenners reken dit is eerder mense wat deur die OB ondersoek moet word vir hulle moontlike aandeel in verskeie korrupsie voorvalle.

Van die “vreemde vriende” is glo mense wat daarvan beskuldig word dat hulle betrokke is by korrupsie en omkopery, waarvan sommige deur die ANC president uit hulle poste ontslaan is as lede van die kabinet van 2018.

Bongani Bongo, wat beskuldig is van omkopery en korrupsie, en later afgedank is, was een van haar verjaarsdag vriende.

Mosebenzi Zwane was ook by die feestelikheid, en is iemand wat ondersoek word vir moontlike betrokkenheid by die Guptas-skandaal, en is ook ’n voormalige minister wat ontslaan is.

Haar verweer is dat sy Ramaphosa en David Mabuza ook genooi het, maar hulle het nie opgedaag nie.