Nuwe plan met kankerbestryding

Met die Wereld Kanker Dag het die Europese Kommissie aangekondig dat hy ’n nuwe inisiatief van stapel stuur om kanker te beveg in die EU lidlande.

Die nuwe inisiatief, wat egter nie voor die einde van 2020 in werking kan kom nie, kan hopelik die dood van 26% in die totale sterftes van pasiënte in Europa verminder.

Politieke leiers het vergader met die doel om gesondheidsorg te beplan vir die toekoms, en professionele deskundiges in die Europese Kommissie het later aangekondig dat die projek, Europe oorwin kanker”, van stapel gestuur gaan word.

Die Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê die projek word

volledig beplan gedurende 2020 en sal vir die volgende twee dekades, tot 2040 duur, wat die einde van kanker sterftes kan beteken.

Die plan behels ondermeer die vroeë identifisering van kanker, en die vinnige optrede in behandeling, tesame met ’n groot aanpassing aan die begroting om dit moontlik te maak.