Nuusflitse

Afrika retoriek

Nadat ‘n ANC LP vir Juluis Malema gevra het of hy ooit sy vrou mishandel het, het die rooi beret draer  Cyril Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy sy vorige vrou mishandel het.  Hy is beveel om sy opmerking terug te trek en by weiering versoek om die sirkus te verlaat.  Die hele EFF groep het daarna die parlement verlaat.

Myeni en die miljoene

‘n Geheime getuie het tydens die Zondo  kommissie se sitting vertel hoe sy maatskappy kontant verduister het vir Dudu Myeni.  Dit gaan rondom die vermiste miljoene wat Myeni se seun ontvang het vir konsultasie werk wat nooit gedoen is nie.  Die geld is verduister van  Mhlathuze Water tydens Myeni se tyd as voorsitter en inbetaal in die Jacob Zuma stigting.

Huishulp se salaris vanaf 1 Maart

Diegene wat nog lief is om hul huiswerk deur ‘n volksvreemde te laat verrig moet kennis neem dat die nuwe Arbeidswet op 1 Maart 2020 inwerking tree met die voorgeskrewe tariewe rondom vergoeding.  ‘n Huishulp se vergoeding sal nou R 15.57 per uur wees wat rofweg neerkom op R 2940 per maand.  Dit sluit dan seker huurmotor vervoer en etes uit.